![]() |
Boskamp
Die boskamp het 'n unieke atmosfeer en is ideaal vir 'n groter groep. Dit bestaan uit drie aparte klip chalets met 'n baie besonderse ontwerp. Die Boskamp huisves 6 tot 16 mense. Elk van die drie chalets het twee slaapkamers en 'n badkamer. Dit is 'n volledig toegeruste selfsorg-kamp met yskaste, gasstoof met 'n groot oond en mikrogolfoond. Die kombuis het al die nodige breekware en kookgerei. Die Boskamp is baie privaat en ideaal vir 'n groep wat saam wil kuier of ontspan in die ongerepte natuur.
Die berghut het twee slaapkamers, 'n badkamer, basiese kombuis - eetkamer en onderdak kookfasiliteite op die stoep. Dit huisves twee tot ses persone in twee slaapkamers met 'n bed in die leefarea. Dit is 'n volledige toegeruste chalet met gas, kerse en kampvuur.
Daar is 'n gasstoof, gasyskas en gaswarmwaterstelsel.
Die badkamer het 'n stort met warm water.
Die kombuis het al die nodige breekware en kookgerei.
Ontspan op die ruim stoep en sien bosbokke in die ruigte. Wonderlike area vir stap in die ongerepte natuur. Aan die voet van 'n pragtige berg met 'n staprroete.
Die Nyalahuis is geskik vir 'n groter gesin aangesien dit ses mense gerieflik huisves. Daar is drie slaapkamers wat elk slaapplek het vir twee mense. Die hoofslaapkamer het 'n dubbel bed en en-suite badkamer en die ander twee slaapkamers het elk twee dubbel beddens. Daar is twee badkamers - een het 'n bad en stort terwyl die ander slegs 'n stort het. Die sit-eetkamer is ruim met 'n oop plan kombuis en twee stoepe. Die swembad en kiosk is binne loopafstand. Ontspan op die gemaklike stoep terwyl vlakvarke op die grasperk wei en die wonderlikste verskeidenheid voels in die omliggende bome baljaar. Meyers pappegaaie kom eet sade uit die groot bome in die tuin met baie ander voelsoorte. Luister na die Zebras se vreemde geluide en jakkalse wat mekaar roep terwyl julle kuier om die braaivleis vuur. Beddegoed en handdoeke word verskaf.
Die ruim huis het drie slaapkamers met een badkamer. 'n Ruim sit-eetkamer met terracotta teels, groot kombuis en baie groot lapa maak dit baie gerieflik. Die Savannahuis huisves agt persone. Daar is 'n DSTV aansluiting, bring slegs jou eie "DSTV smart-card". Die Savannahuis is gelee in 'n omring met baie drinkwater en daar is dus baie wild. Beddegoed en handdoeke word verskaf.
|
||||||||||||||
|
Die vyf slaapkamer grasdak huis het drie badkamers en 'n groot sitkamer, eetkamer en kombuis. Daar is elektrsiteit en dit is selfsorg. Die ruim huis is baie privaat gelee naby 'n woud van Akasia bome en baie wild kan daar gesien word. Ontspan op die stoep en sien hoe die kameelperde aan die bome knibbel. Voel lewe by Mabulani is merkwaardig. Beddegoed en handdoeke word verskaf.
|
||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||
Kom wees na aan die natuur en ver van die gejaag by Mabulani Wildsplaas |
||||||||||||||